Showing posts with label RSG. Show all posts
Showing posts with label RSG. Show all posts

Thursday, 13 July 2017

Can cellphones help learners to learn better?

Time to read this article again in view of a comment that was received. The article appeared for the first time on 28 February 2016.


(C) http://www.sabc.co.za
I have just listened to a very interesting programme on RSG (Radio Sonder Grense; 100-104 FM) about "mobile reading" (mobiele lees). It is also called digital reading and online reading.

Dr Donovan Lawrence of the Department of Afrikaans at the University of Johannesburg talked about mobile reading and how this phenomenon can motivate learners to read more
(C) http://marketingland.com/
wp-content/ml-loads/
2014/08/mobile-smartphones
-apps2-ss-1920.jpg
 and how it can assist better learning. 
Those of you who understand Afrikaans can download the podcast here and listen to it. 

We know data is still very expensive in South Africa, but everybody also knows that people are using their cellphones more and more as the other functions of cellphones, apart from calling and sending text messages (sms), become available. We have to take notice of this. Dr Lawrence has pointed out the following:

  • There are more cellphones and active sim cards than people in South Africa.
  • People are reading more and more on their cellphones.
  • Even in the most remote areas of our country people have cellphones.
  • Cellphones get people in contact with knowledge where libraries, books and magazines cannot.
  • Researchers have found that when learners read online on cellphones, tablets and computers, they are more motivated to read.
  • Learners' attitudes are better when they read online; why don't we utilise this opportunity to avail educational material on cellphones, etc.?
  • The mobility of cellphones make it possible to learn anywhere and anytime.

This brings me back to my requests in the past, also during our most recent round of start-up meetings, to make our documents available to learners on their cellphones; documents such as the examination guidelines, question papers, etc.

I am so interested to know whom of the teachers have started to do it? Does it work? What have you made available? What did learners download themselves? Do they know about this blog and where they can download the examination guidelines, etc? What percentage of learners have cellphones who can display pdf files? Have you created material that learners can access through their cellphones?

It would be so nice if you comment on this in the comment section below. Let us know where it works and - especially - what type of problems and obstacles you have.

Sunday, 23 August 2015

Hersiening op RSG

RSG bied tans 'n hersieningsreeks in verskillende vakke vir ons graad 12-leerders aan om hulle te help met voorbereiding vir die eindeksamen.



Die program oor fisiese wetenskappe is op Sondae om 16:30. Klik hier om te sien wanneer die ander programme uitgesaai word en deur wie.

Rol af vir meer inligting oor fisiese wetenskappe ...

Eksamenriglyne
In die eerste uitsending op 23 Augustus oor fisiese wetenskappe is daar na die Eksamenriglyndokument verwys. Leerders wat dit nie het nie, kan hier klik om dit af te laai. Die dokument is in pdf-formaat en ongeveer 1MB groot.

Vraestelle
Gebruik die skakels hieronder om die eindvraestelle van November 2014 en die aanvullingsvraestelle van Februarie/Maart 2015 af te laai.

November 2014
Vraestel 1 (fisika)
Vraestel 1 (fisikamemo)
Vraestel 2 (chemie)
Vraestel 2 (chemiememo)

Februarie/Maart 2015
Vraestel 1 (fisika)
Vraestel 1 (fisikamemo)
Vraestel 2 (chemie)
Vraestel 2 (chemiememo)


Sondag, 20 September 2015 se uitsending
Tydens hierdie uitsending gaan die oplos van elektriese stroombane bespreek word. Leerders kan na die volgende wenke kyk om hiermee te help.

As 'n stroombaandiagram vir jou ingewikkeld lyk, probeer dit oorteken om dit meer verstaanbaar te maak. Gebruik die volgende riglyne om dit te doen.
  • Teken die battery/sel eerste en sit dit aan die bokant van jou oorgetekende stroombaandiagram.
  • Teken die res van die komponente, maar sonder voltmeters, aan die onderkant.
  • Begin by die battery/sel se positiewe of negatiewe pool en beweeg óf kloksgewys óf antikloksgewys. Teken die komponente in soos jy hulle teëkom.
  • Sit laastens al die voltmeters in – ook aan die onderkant van die oorgetekende stroombaandiagram. Fokus spesifiek om te sien tussen watter komponente die arms van elke voltmeter geskakel is en behou daardie posisies.

Hier is drie voorbeeld van hoe 'n stroomdiagram "herteken" word. Hou hulle gereed tydens die uitsending; dit gaan bespreek word.

Voorbeeld 1



Voorbeeld 2



Voorbeeld 3



Sondag, 27 September 2015 se uitsending
Tydens hierdie uitsending word verwys na die gradiënt in vraag 8.1.4 (November 2014-vraestel 1) wat die "negatief van die interne weerstand" van die battery voorstel. Waarom is dit so?

Die grafiek lyk soos volg:


Die verduideliking is soos volg:


Sondag, 11 Oktober 2015 se uitsending
Tydens hierdie uitsending word die tweestap-neutralisasie in vraag 7 van die chemievraestel (November 2014) bespreek. Hier is 'n skematiese voorstelling van hoe die denkproses verloop om die berekeninge in vraag 7.2.1, 7.2.5 en 7.2.6 te doen. Let op hoe jy eintlik van "agteraf" werk as jy dit vergelyk met die volgorde van hoe die inligting in die vraestel aangebied word.



Wanneer jy met die begrippe "sterk suur", "swak suur", "sterk basis" en "swak basis" werk, is dit handig om 'n paar sure en basisse te memoriseer wat tipies as sterk en swak bekend staan.

Buiten dié hieronder, kan mens altyd van die Ka- en Kb-waardes gebruik maak om vas te stel of 'n suur en 'n basis sterk of swak is. Normaalweg het sterk sure Ka-waardes van groter as een; swak sure se Ka-waardes is kleiner as een. Net so het sterk basisse Kb-waardes van groter as een; swak basisse se Kb-waardes is kleiner as een.

Hier is 'n paar voorbeelde om te memoriseer:
  • Sterk sure: soutsuur (HCl), salpetersuur (HNO3) en swawelsuur (H2SO4)
  • Swak sure: koolsuur (H2CO3), oksaalsuur (COOH)2 en etanoësuur (CH3COOH)
  • Sterk basisse: natriumhidroksied (NaOH), litiumhidroksied (LiOH) en kaliumhidroksied (KOH)
  • Swak basisse: ammoniak (NH3), natriumkarbonaat (Na2CO3), kaliumkarbonaat (K2CO3), natriumwaterstofkarbonaat (NaHCO3) en kalsiumkarbonaat (CaCO3).
Sondag, 18 Oktober 2015 se uitsending
In vandag se uitsending word onder andere gepraat oor die selnotasie van 'n galvaniese sel. Hoe word dit korrek neergeskryf? Klik hier en hier om twee pdf-lêers (groottes 46kB en 9kB onderskeidelik) af te laai wat inligting bevat wat jou sal help om dit korrek te doen.

Sondag, 1 November 2015 se uitsending
In vandag se uitsending - die laaste een in die reeks - word verwys na 'n stel hereksamenvraestelle wat deur privaatkandidate in Junie/Julie 2015 geskryf is. Dié vraestelle is ook "CAPS"-georiënteerd en kan met groot vrug deur die graad 12-leerders gebruik word in hulle voorbereiding.

Indien jy egter wonder of 'n spesifieke vraag vir jou eksamen voorgeskryf is, raadpleeg die Eksamenriglyndokument (hoër op is 'n skakel om dit af te laai). Elders op die blog is ook 'n hele klomp Septembervraestelle wat gebruik kan word vir voorbereiding. Klik hier om soontoe te gaan en laai die Septembervraestelle sowel as die Junie/Julievraestelle af.