Die program oor fisiese wetenskappe is op Sondae om 16:30. Klik hier om te sien wanneer die ander programme uitgesaai word en deur wie.
Rol af vir meer inligting oor fisiese wetenskappe ...
Eksamenriglyne
In die eerste uitsending op 23 Augustus oor fisiese wetenskappe is daar na die Eksamenriglyndokument verwys. Leerders wat dit nie het nie, kan hier klik om dit af te laai. Die dokument is in pdf-formaat en ongeveer 1MB groot.
Vraestelle
Gebruik die skakels hieronder om die eindvraestelle van November 2014 en die aanvullingsvraestelle van Februarie/Maart 2015 af te laai.
November 2014
Vraestel 1 (fisika)
Vraestel 1 (fisikamemo)
Vraestel 2 (chemie)
Vraestel 2 (chemiememo)
Februarie/Maart 2015
Vraestel 1 (fisika)
Vraestel 1 (fisikamemo)
Vraestel 2 (chemie)
Vraestel 2 (chemiememo)
Voorbeeld 1
Sondag, 27 September 2015 se uitsending
Vraestel 1 (fisika)
Vraestel 1 (fisikamemo)
Vraestel 2 (chemie)
Vraestel 2 (chemiememo)
Sondag, 20 September 2015 se uitsending
Tydens hierdie uitsending gaan die oplos van elektriese stroombane bespreek word. Leerders kan na die volgende wenke kyk om hiermee te help.
As 'n stroombaandiagram vir jou ingewikkeld lyk, probeer dit oorteken om dit meer verstaanbaar te maak. Gebruik die volgende riglyne om dit te doen.
- Teken die battery/sel eerste en sit dit aan die bokant van jou oorgetekende stroombaandiagram.
- Teken die res van die komponente, maar sonder voltmeters, aan die onderkant.
- Begin by die battery/sel se positiewe of negatiewe pool en beweeg óf kloksgewys óf antikloksgewys. Teken die komponente in soos jy hulle teëkom.
- Sit laastens al die voltmeters in – ook aan die onderkant van die oorgetekende stroombaandiagram. Fokus spesifiek om te sien tussen watter komponente die arms van elke voltmeter geskakel is en behou daardie posisies.
Hier is drie voorbeeld van hoe 'n stroomdiagram "herteken" word. Hou hulle gereed tydens die uitsending; dit gaan bespreek word.
Voorbeeld 1
Voorbeeld 2
Voorbeeld 3
Tydens hierdie uitsending word verwys na die gradiënt in vraag 8.1.4 (November 2014-vraestel 1) wat die "negatief van die interne weerstand" van die battery voorstel. Waarom is dit so?
Die grafiek lyk soos volg:
Die verduideliking is soos volg:
Sondag, 11 Oktober 2015 se uitsending
Tydens hierdie uitsending word die tweestap-neutralisasie in vraag 7 van die chemievraestel (November 2014) bespreek. Hier is 'n skematiese voorstelling van hoe die denkproses verloop om die berekeninge in vraag 7.2.1, 7.2.5 en 7.2.6 te doen. Let op hoe jy eintlik van "agteraf" werk as jy dit vergelyk met die volgorde van hoe die inligting in die vraestel aangebied word.
In vandag se uitsending word onder andere gepraat oor die selnotasie van 'n galvaniese sel. Hoe word dit korrek neergeskryf? Klik hier en hier om twee pdf-lêers (groottes 46kB en 9kB onderskeidelik) af te laai wat inligting bevat wat jou sal help om dit korrek te doen.
Sondag, 1 November 2015 se uitsending
In vandag se uitsending - die laaste een in die reeks - word verwys na 'n stel hereksamenvraestelle wat deur privaatkandidate in Junie/Julie 2015 geskryf is. Dié vraestelle is ook "CAPS"-georiënteerd en kan met groot vrug deur die graad 12-leerders gebruik word in hulle voorbereiding.
Indien jy egter wonder of 'n spesifieke vraag vir jou eksamen voorgeskryf is, raadpleeg die Eksamenriglyndokument (hoër op is 'n skakel om dit af te laai). Elders op die blog is ook 'n hele klomp Septembervraestelle wat gebruik kan word vir voorbereiding. Klik hier om soontoe te gaan en laai die Septembervraestelle sowel as die Junie/Julievraestelle af.
Wanneer jy met die begrippe "sterk suur", "swak suur", "sterk basis" en "swak basis" werk, is dit handig om 'n paar sure en basisse te memoriseer wat tipies as sterk en swak bekend staan.
Buiten dié hieronder, kan mens altyd van die Ka- en Kb-waardes gebruik maak om vas te stel of 'n suur en 'n basis sterk of swak is. Normaalweg het sterk sure Ka-waardes van groter as een; swak sure se Ka-waardes is kleiner as een. Net so het sterk basisse Kb-waardes van groter as een; swak basisse se Kb-waardes is kleiner as een.
Hier is 'n paar voorbeelde om te memoriseer:
- Sterk sure: soutsuur (HCl), salpetersuur (HNO3) en swawelsuur (H2SO4)
- Swak sure: koolsuur (H2CO3), oksaalsuur (COOH)2 en etanoësuur (CH3COOH)
- Sterk basisse: natriumhidroksied (NaOH), litiumhidroksied (LiOH) en kaliumhidroksied (KOH)
- Swak basisse: ammoniak (NH3), natriumkarbonaat (Na2CO3), kaliumkarbonaat (K2CO3), natriumwaterstofkarbonaat (NaHCO3) en kalsiumkarbonaat (CaCO3).
In vandag se uitsending word onder andere gepraat oor die selnotasie van 'n galvaniese sel. Hoe word dit korrek neergeskryf? Klik hier en hier om twee pdf-lêers (groottes 46kB en 9kB onderskeidelik) af te laai wat inligting bevat wat jou sal help om dit korrek te doen.
Sondag, 1 November 2015 se uitsending
In vandag se uitsending - die laaste een in die reeks - word verwys na 'n stel hereksamenvraestelle wat deur privaatkandidate in Junie/Julie 2015 geskryf is. Dié vraestelle is ook "CAPS"-georiënteerd en kan met groot vrug deur die graad 12-leerders gebruik word in hulle voorbereiding.
Indien jy egter wonder of 'n spesifieke vraag vir jou eksamen voorgeskryf is, raadpleeg die Eksamenriglyndokument (hoër op is 'n skakel om dit af te laai). Elders op die blog is ook 'n hele klomp Septembervraestelle wat gebruik kan word vir voorbereiding. Klik hier om soontoe te gaan en laai die Septembervraestelle sowel as die Junie/Julievraestelle af.
No comments:
New comments are not allowed.